Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

2 uie, gekap olie

10-15 ml (2-3 t) geroosterde kerriepoeier

3 tamaties, ontvel en gekap

500 ml (2 k) gaar rys

sout en swartpeper na smaak

1 kopkool se grootste blare, harde wit dele uitgesny

1 kg rou wors, in groterige stukke gebreek

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Braai die uie in ’n bietjie verhitte olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en meng deur.
  2. Voeg die tamaties by en roerbraai tot sag. Roer die rys deur en geur met sout en peper.
  3. Giet kookwater oor die blare om dit te versag.
  4. Plaas in elke koolblaar ’n stukkie wors en skep van die rysvulsel bo-op.
  5. Vou toe en pak in ’n oondvaste bak. Bedek. Moenie vloeistof byvoeg nie.
  6. Bak sowat 1 uur of tot die wors gaar is.
  7. Sit net so voor of saam met tamatieslaai of -smoor.

WENK

Skep die tamatiesmoor in die oondbak en plaas die koolpakkies bo-op. Bedek en bak tot gaar.