Genoeg vir 3 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 40-60 min.

Patats

3 patats

Vulsel

230 g roomkaas

5 ml (1 t) basiliepesto

5 ml (1 t) roketpesto

5 ml (1 t) sondroëtamatiepesto

2-3 vars aspersies, gestoom

2-3 langsteelbroccoliboompies, gestoom

125 ml (½ k) spinasie, lig gestoom

  1. Patats Draai die patats in tinfoelie toe en bak 40-50 min op matige kole tot gaar. Sny oop.
  2. Vulsel Meng die roomkaas en pesto’s en skep in elke patat.
  3. Pak die aspersies, broccoli en spinasie bo-op.
  4. Plaas die gevulde patats op ’n rooster op matige kole tot die kaas gesmelt het.