Genoeg vir 6

Bereiding: 5 min

Gaarmaaktyd: 20 min

45 ml (3 T) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

200 g gemengde groente (ertjies, groenbone, broccoli en groen soetrissie)

1 blikkie (410 g) gekapte tamaties

750 ml (3 k) groente-aftreksel

macaronipasta (opsioneel)

1 blikkie (400 g) wit boontjies

sout en varsgemaalde swartpeper

1    Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot dit deurskynend is. Voeg knoffel, oorblwende groente en tamaties by en laat vir vyf minute kook.

2    Voeg die aftreksel en pasta by (indien jy dit verkies). Laat saggies kook vir 10 minute.

3    Roer die boontjies by, laat deurwarm word en geur met sout en peper. Bedien met stukke Italiaanse brood.

- Hope Malau