Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 30 minute

250 ml (1 k) rys, gekook

7 ml (1½ t) borrie

skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

500 g sampioene, gekap

’n hand vol pietersielie, gekap

45 ml (3 e) rosyne

2 eiers, gekook en gekap

sout en peper

400 g skilferkorsdeeg, ontvries

1 eiergeel, geklits

5 ml (1 t) sesamsaad

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Meng die rys, borrie en suurlemoenskil en sit eenkant.

3    Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte en braai die ui en sampioene 5 minute of tot die ui sag is. Sit eenkant om af te koel.

4    Roer die rysmengsel, pietersielie, rosyne en gekapte eiers in. Geur met sout en peper.

5    Rol die deeg uit tot ’n reghoek van 30 x 20 cm. Skep die rysmengsel van die middel na een van die kort kante van die deeg toe en los ’n rand om die kante te verseël.

6    Verf die kante met die geklitste eiergeel, bring die kante van die deeg bymekaar en knyp toe. Verf eiergeel oor die bokant en bestrooi met die sesamsaad. Bak ’n halfuur of tot die deeg goudkleurig is.

- Hope Malau