Genoeg vir 2-4 porsies

8 groot bruinsampioene

6 stingeluie, fyn gekap

50 g spinasie, fyn gekap

skil van 1 suurlemoen

sap van ½ suurlemoen

125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas

1 eier, geklits

sout en peper na smaak

1. Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n bakplaat.

2. Plaas die sampioene op die voorbereide bakplaat.

3. Meng die res van die bestanddele en skep dit bo-op die sampioene. Druk effens plat met ’n lepel sodat die vulsel nie afval nie.

4. Bak die sampioene sowat 15-20 minute of tot gaar. Sit voor saam met roosterbrood en gegeurde mayonnaise