2 botterskorsies, gehalveer en ontpit

olyfolie

sout en peper

2 blikke (410 g elk) kekerertjies, gedreineer en effens fyn gedruk

200 g fetakaas, in blokkies gesny

15 ml (1 e) suurlemoensap

skil van 1 suurlemoen

2-3 knoffelhuisies, fyn gedruk hand vol roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Plaas die botterskorsies op ’n bakplaat, sprinkel die olie oor en geur met sout en peper. Bak 20 minute.
  2. Meng die res van die bestanddele behalwe die roket en geur met sout en peper.
  3. Vul die botterskorsies met die kekerertjiemengsel en bak 10 minute of tot warm.
  4. Sit voor met roketblare.

Wenk: