Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

4 aartappels

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

250 g cheddarkaas, gerasper

60 ml (¼ k) room

’n hand vol broccoli, gekap

100 g ham, gekap

Voorverhit oond tot 180 °C.

  1. Plaas die aartappels op ’n bakplaat en druk met ’n vurk gate daarin. Bedruip met die olie en geur met die sout en peper. Rooster 1 uur of tot gaar.
  2. Sny die aartappels oorlangs middeldeur. Skep die binnekante in ’n bak uit, maar los die skil en van die vlees.
  3. Meng die helfte van die kaas, room, uitgeskepte aartappel, broccoli en ham in ’n bak en geur met die sout en peper. Skep die mengsel in die aartappelskille. Bedek met die oorblywende kaas.
  4. Bak 15 min. in die oond.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers