Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

6 mielies

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

CAJUN-SPESERY

5 ml (1 t) sout

10 ml (2 t) knoffelpoeier

12,5 ml (2½ t) paprika

5 ml (1 t) fyn swartpeper

5 ml (1 t) uiepoeier

5 ml (1 t) rooipeper

7,5 ml (1½ t) droë oreganum

7,5 ml (1½ t) droë tiemie

2,5 ml (½ t) rooi brandrissievlokkies

  1. Maak die mielies skoon. Kook hulle 8-10 min. in ’n pot kookwater. Dreineer en pak op kombuispapier. Maak goed droog.
  2. Verf met die gesmelte botter. Braai of rooster die mielies 10-12 min.
  3. Cajun-spesery Meng al die Cajun-bestanddele en strooi oor die mielies.
  4. Sit voor met gesmelte botter.