Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 35 min.

8 groot tamaties

sout en peper

30 ml (2 e) balsemieke asyn

45 ml (3 e) olyfolie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

100 g mozzarellakaas, in skyfies gesny

10 g vars basilie

SPINASIE

30 ml (2 e) botter

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekap

1 bos spinasie, gekap

15 ml (1 e) meel

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) room

1 wiel fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Halveer die tamaties en pak in ’n bak. Geur met sout en peper; sprinkel met asyn en olie. Rooster 20 min.
  2. Sprinkel knoffel op die tamaties. Sit kaas op die helfte van die tamaties. Rooster tot gesmelt, sit basilie op die kaas en plaas die ander helfte van die tamaties bo-op.
  3. Spinasie Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui en knoffel. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Roer die meel deur, gevolg deur die melk en room. Laat stadig prut tot verdik. Roer die feta deur en geur met sout en peper. Sit die tamaties voor met basiliepesto, die spinasie en bruschetta.