Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1½ uur

6 groot aartappels

olie vir bedekking

sout en peper

VULSEL

6 spekvleisrepe

15 ml (1 e) botter

100 g sampioene, in skywe gesny

40 g botter

45 ml (3 e) meel

250 ml (1 k) melk

100 g spinasie, gekap

’n hand vol pietersielie, gekap

30 ml (2 e) gerasperde wit cheddar

1.    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2.    Prik die aartappels met ’n vurk. Giet ’n bietjie olie in jou hande en vryf die aartappels om hulle met die olie bedek. Plaas die aartappels op ’n bakplaat en bestrooi met sout en peper. Bak 90 minute.

3.    Vulsel: Braai die spekvleis in ’n pan oor matige hitte tot goudkleurig en sit eenkant. Braai die sampioene in dieselfde pan.

4.    Smelt dit botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die meel by en klits tot ’n gladde pasta vorm. Giet die melk stadig in terwyl jy roer tot glad. Voeg die spinasie, spekvleis, sampioene, pietersielie en kaas by.

5.    Wanneer die aartappels gaar is, sny ’n kruis bo-aan elkeen en druk om die aartappel oop te spleet. Skep die vulsel in die kruis.

- Carmen Hendricks