Bak die eiervrug met skil en al by 180 °C tot gaar en sag. Sny oop.

1 Meng teriyaki-sous met ’n bietjie sojasous en gekapte vars gemmer en giet bo-oor. Sprinkel geroosterde sesamsaad oor.

2 Sny vars murgpampoentjies in linte, giet ’n bietjie olyfolie en suurlemoensap oor en voeg gekapte ment en gerasperde suurlemoensap by. Skep op gebakte eiervrug en sprinkel gekapte neute oor.

3 Meng kersietamaties, kappertjiesaad en 1 tot 2 gekapte knoffelhuisies met olyfolie. Roerbraai effe tot die tamaties net wil bars. Geur met sout en peper en ’n knippie suiker. Skep oor gebakte eiervrug en rond af met basilie en parmesaanskaafsels, indien verkies.

Deur: Carmen Niehaus (Kosredakteur – Huisgenoot & YOU)