1. Koljander-aartappelsop

  • Soteer 500 g aartappelblokkies met 200 g preie in botter.
  • Voeg 50 g koljanderblare by.
  • Voeg 1 L hoenderaftreksel by en prut tot aartappels sag is.
  • Puree, voeg ook 125 ml room by.
  • Geur met sout en peper.

2. Geroosterde tamatiesop

  • Pak 1,5 kg gesnyde tamaties saam met ses knoffelhuisies, vier uie, vier selderystingels en ’n paar takkies tiemie op ’n bakplaat. Sprinkel ’n bietjie suiker, sout, peper en olyfolie oor en rooster tot sag. Verpulp tot glad.
  • Voeg sowat 10 ml tamatiepasta, nog suiker na smaak en die sap van ’n suurlemoen by.

3. Gemmerpatatsop

  • Sny drie preie in stukke en braai in ’n bietjie olie saam met 30 ml gerasperde gemmerwortel tot glansig.
  • Voeg die skil van een lemoen en 5 ml kerrie of komyn by. Voeg 1 kg geskilde patats en 1 L hoenderaftreksel by. Kook tot sag.
  • Voeg 500 ml melk of klappermelk by en verwerk tot glad. Sprinkel koljanderblare oor vir afronding.

(Al drie soppe duur 25 tot 30 minute om te berei.)

- Carmen Niehaus