Lewer 1,3 Liter

Bereiding: 10 min

Gaarmaaktyd: 25 min

250 ml (1 k) kookwater

1 pakkie (30 g) gedroogde sampioene

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

1 pak (400 g) vars gekapte gemengde sampioene

125 ml (½ k) sjerrie

1 L (4 k) groenteaftreksel

30 ml (2 e) gekapte grasuie

10 ml (2 t) gerasperde

suurlemoenskil

sout en peper na smaak

60 ml (¼ k) Griekse jogurt

gebraaide sampioene en grasuie vir afronding (opsioneel)

  1. Giet die kookwater oor die droë sampioene en laat 20 minute staan.
  2. Verhit intussen die botter en olyfolie en braai die uie daarin tot sag.
  3. Voeg die vars sampioene by en braai liggies bruin.
  4. Dreineer die gedroogde sampioene, maar behou die vloeistof. Kap dié sampioene, voeg dit by die gebraaide vars sampioene en meng dit deur.
  5. Voeg die gedreineerde vloeistof, sjerrie en aftreksel by en bring tot kookpunt. Laat goed kook, sowat 10 minute.
  6. Geur met die grasuie, suurlemoenskil en sout en peper. Verwyder van die hitte en roer die jogurt by.
  7. Skep die sop in bakkies en rond af met die gebraaide sampioene (indien verkies) en grasuie.