GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

2 groot eiervrugte, punte afgesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

1 kop broccoli, in kleiner boompies gebreek

4 pitabrode, oopgesny

125 ml (½ k) roomkaas

10 g roketblare

VINAIGRETTE

45 ml (3 e) dukkah

15 ml (1 e) appelasyn

15 ml (1 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit twee bakplate met kossproei.

  1. Sny die eiervrugte soos verkies (net nie te dik nie) en versprei op een van die bakplate.
  2. Sprinkel 30 ml (2 e) van die olie oor en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 15-20 min. tot goudbruin
  3. en gaar.
  4. Versprei die broccoli op die ander bakplaat, sprinkel die orige olie oor, geur met die sout en peper en rooster 10 min.
  5. Vinaigrette Meng die dukkah, appelasyn en olyfolie goed en geur met sout en peper.
  6. Smeer elke pitabrood met die roomkaas en pak van die roketblare, eiervrug en broccoli op. Giet van die vinaigrette oor en sit voor.