Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

500 ml (2 k) groenteaftreksel

500 g botterskorsie, in blokkies gesny

500 g pampoen, in blokkies gesny

5 ml (1 t) kerriepoeier

2 ml (½ t) fyn neutmuskaat

45 ml (3 e) suiker

50 g botter

60 ml (¼ k) meel

375 ml (1½ k) room

sout en peper

geroosterde pampoensaad vir garnering, indien verkies

1 Bring die aftreksel, botterskorsie, pampoen, kerriepoeier, neutmuskaat en suiker in ’n groot kastrol tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 25 minute of tot die groente sag is.

2 Smelt intussen die botter in ’n kastrol oor matig lae hitte. Strooi die meel oor die botter en roer tot die botter die meel geabsorbeer het. Giet die room in terwyl jy vinnig roer tot dik en glad. Geur met sout en peper en sit eenkant.

3 Verwerk die botterskorsie-en-pampoenmengsel in ’n voedselverwerker tot ’n gladde puree. Gooi dit in die groot kastrol terug saam met roomsous en roer goed.

4 Sit warm voor. Garneer met die pampoensaad, as jy wil-wil gebruik.

- Hope Malau