Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

SOUS

80 ml (1/3 k) olyfolie

45 ml (3 e) balsemieke asyn

30 ml (2 e) heuning

GROENTE

750 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

1 groen, geel en rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

1 rooi-ui, in skywe gesny

1 bos preie, in die lengte gehalveer

2 heel bolle knoffel, gehalveer

4 stingels roosmaryn

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n oondbak.

SOUS Meng die sousbestanddele. Hou eenkant.

GROENTE Plaas die botterskorsie en soetrissies in ’n oondbak en bak 20 minute.

Voeg die ui, preie, knoffel en roosmaryn by en giet die sous oor.

Bak nog 15-20 minute of tot die groente gaar, maar nog bros is.