Genoeg vir 3 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

45 ml (3 e) olie

1 ui, gekap

15 ml (1 e) paprika

2 naeltjies

50 g tamatiepasta

125 ml (½ k) water

skil van 1 suurlemoen

1 blik (400 g) suikerbone, gedreineer

sout

5 ml (1 t) peper

1    Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die ui, paprika en naeltjies tot die ui sag en effens gekaramelliseer is.

2    Voeg die tamatiepasta by en kook 3 minute. Voeg die water en suurlemoenskil by en laat prut sowat 10 minute.

3    Voeg die bone by en geur met die sout en peper. Laat prut 10 minute of tot verdik. Sit voor met bros brood.

- Hope Malau