Bereiding: 24 uur

Gaarmaaktyd: 2 uur

Genoeg vir 4 tot 6 mense

250 ml (1 k) suikerbone, gewas en geweek

125 ml (½ k) botterbone, gewas

1 ui, gekap

200 ml braaisous

125 ml (½ k) bruinsuiker

30 ml (2 e) fyn mosterd

4 mieliekoppe en brood vir opdiening

1.    Sif deur die suikerbone om klippies en gesplete bone te verwyder. Was die suiker- en botterbone met koue water en laat week oornag.

2.    Gooi die suiker- en botterbone in ’n pot wat halfvol water gemaak is. Kook oor medium hitte.

3.    Wanneer die water verdamp, meng die ui, braaisous, bruinsuiker en mosterd in en laat prut ’n uur of tot die verlangde dikte. Sit voor met mielies en snye brood.

- Hope Malau