GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

2 knoffelhuisies, fyn gekap

4 sprietuie, in dun skywe gesny

30 g botter

1 groot kop blomkool, gekap

sout en vars gemaalde peper

500 ml (2 k) melk

5 ml (1 t) koljandersaad

3 rooi brandrissies, gekap

  1. Laat sweet die knoffel en sprietuie in ’n kastrol oor matige hitte in 10 g van die botter tot sag.
  2. Voeg die gekapte blomkool by, geur met die sout en vars gemaalde peper en laat sweet 5 min. of tot amper sag. Voeg die melk by en laat prut tot die blomkool gaar is.
  3. Verwyder van die hitte, gooi versigtig in ’n verwerker en verwerk tot glad. Voeg nog melk by, indien nodig.
  4. Braai die koljandersaad en brandrissies 3 min. in die oorblywende botter in ’n braaipan oor matige hitte.
  5. Skep die sop in individuele bakke en bedruip met die speserybotter.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan