Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30-35 minute

60 ml (¼ k) botter

3 stingeluie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g blomkool, in kleiner boompies gebreek

1 rooi brandrissie, gekap

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

250 ml (1 k) melk

sout en vars gemaalde peper

FILODOPPIES

125 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die botter in ’n middelslagkastrol tot goed warm. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai 3 minute of tot dit begin verbruin.
  2. Voeg die blomkool by en roerbraai nog 5 minute.
  3. Voeg die brandrissie, aftreksel en melk by en bring tot kookpunt. Kook 10-15 minute of tot die blomkool sag en gaar is.
  4. Geur met die sout en peper na smaak.
  5. Verwerk in ’n voedselverwerker tot glad.
  6. Filodoppies Sny die filo in groot genoeg blokke om oor ’n sopbakkie te pas.
  7. Skep ’n paar sopbakkies vol sop. Plaas ’n stukkie filo bo-op en bind liggies vas met tou wat jy natgemaak het met water. Verf met die gesmelte botter.
  8. Pak op ’n bakplaat en oondbak 10 minute of tot goudbruin.