Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 10-12 min.

Sampioene

8 groot bruinsampioene

sout en pas gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) olyfolie

skywe brie- of mozzarellakaas

Avokadosous

1 avokado, fyn gedruk

sap van 1 suurlemoen

60 ml (¼ k) mayonnaise

sout en pas gemaalde swartpeper

  1. Sampioene Plaas die sampioene op ’n dubbellaag tinfoelie en geur met die sout en peper.
  2. Drup die olie oor, plaas ’n skyf kaas op elke sampioen en vou die foelie toe.
  3. Braai 10-12 min op warm kole of tot die sampioene gaar is en die kaas gesmelt het.
  4. Avokadosous Meng al die bestanddele en sit dit saam met die sampioene voor.