LEWER SOWAT 12 KOEKSISTERS

Bereiding: 45 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Staantyd: 1-2 uur

KOEKSISTERS

1 groot aartappel, sag gekook

20 g botter

10 ml (2 t) fyn kaneel

15 ml (1 e) fyn anys

10 ml (2 t) fyn gemmer

6 ml (1¼ t) fyn kardamom

7 ml (1½ t) gerasperde nartjieskil

5 ml (1 t) sout

375 ml (1½ k) warm water

20 ml (4 t) suiker

1 eier

5 x 250 ml (5 k) koekmeel

1 pakkie (10 g) kitsgis

5 ml (1 t) bakpoeier

60 ml (¼ k) olie

olie vir diepvetbraai

STROOP

250 ml (1 k) witsuiker

200 ml water

4 kaneelstokkies

  1. KOEKSISTERS Druk die aartappel saam met die botter fyn en voeg die speserye, nartjieskil, sout, water, suiker en eier by. Meng goed.
  2. Voeg die meel, gis en bakpoeier by en meng goed.
  3. Voeg die olie bietjie vir bietjie by, meng goed en knie tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
  4. Bedek en laat sowat ’n halfuur op ’n warm plek staan.
  5. Smeer ’n bakplaat goed met margarien of botter.
  6. Knie die deeg af, breek bolletjies deeg af (so 10 g elk), vorm in vlegsels en bedek weer. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.
  7. STROOP Kook al die bestanddele vir die stroop saam tot ’n ligte stroperigheid vorm. Verwyder van die hitte.
  8. Verhit die olie en plaas ’n paar koeksisters op ’n slag daarin. Braai tot goudbruin en deurgaar.
  9. Skep uit met ’n gaatjieslepel en dompel dadelik in die warm stroop.
  10. Verwyder uit stroop en laat afkoel op ’n draadrakkie.
  11. Besprinkel met versiersuiker en sit voor.