Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Lewer 8 pasteitjies

2 aartappels, in blokkies gesny

’n klont botter

2 preie, in skywe gesny

2 takkies tiemie

30 ml (2 e) mosterd

sout en peper

30 ml (2 e) room

500 g broskorsdeeg

meel, vir bestrooi

200 g cheddarkaas

1 eier

1.    Verhit die oond tot 180 °C. Kook die aartappels 5 minute in kookwater. Smelt die botter in ’n pan, voeg die preie en tiemie by en kook 5 minute oor lae hitte. Dreineer die aartappels en meng dit met die preie. Meng die mosterd in en geur met sout en peper. Roer die room in en laat afkoel.

2.    Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny ’n sirkel uit deur ’n kleinbordjie te gebruik. Meng die kaas met die preimengsel en stapel dit in die middel van die deegsirkel op.

3.    Verf om die rande met die eier, bring die rande bymekaar en knyp met jou vingers om te verseël. Plaas die pasteitjies op ’n gesmeerde bakpaat en bak 40 minute of tot goudkleurig.

- Hope Malau