1 Nest eggs

[caption id="attachment_72563" align="aligncenter" width="424"]Foto oorgespeld van funcupcakeideas.com Foto oorgespeld van funcupcakeideas.com[/caption]

Baie eenvoudig en baie oulik. Bedek bloot jou gunsteling-kolwyntjies met wit versiersel, krummel ’n bietjie Flake-sjokolade bo-oor om die nessie te skep, en sit dan ’n paar Speckled Eggs-lekkers bo-op.

As jy nie reeds ’n gunsteling-kolwyntjieresep het nie, beproef hierdie resepte op ons webtuiste: rooifluweelkolwyntjies, eierlose rooifluweelkolwyntjies of maklike grenadella-kolwyntjies. Jy kan selfs gekoopte koekmengsel gebruik en dit in kolwyntjiepapiertjies bak.

2 Mandjies soetigheid

[caption id="attachment_72570" align="aligncenter" width="427"]Foto oorgespeld van acreativemomma.blogspot.com Foto oorgespeld van acreativemomma.blogspot.com[/caption]

’n Bietjie meer moeite, maar die moeite werd as jy tyd het. Ouer kinders behoort dit te geniet om dit saam met jou te maak. Bak jou kolwyntjiedeeg in wafelkoppies, versier dit en strooi gekleurde klapper bo-oor  vir die nessie. Voeg eiertjie-lekkers by en ’n smal, lang droplekker vir ’n handvatsel.

Wenk van Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus: Kleur klapper so: Gooi dit in ’n bak, voeg ’n paar druppels koskleursel by en roer om te bedek. En Siedaar!

3 Konynore

[caption id="attachment_72572" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van catchmyparty.com Foto oorgespeld van catchmyparty.com[/caption]

Nog ’n eenvoudige, maar heerlike idee. Maak hierdie oulike konynomhulsels so: Koop kolwyntjiedoppies, knip die ore uit stywe wit papier, voeg binneoor-stukke van gekleurde geskenkpapier by en plak dit vas aan die doppies. Ouer kinders behoort dit te geniet om jou te help.

4 Oulike kuiken

[caption id="attachment_72573" align="aligncenter" width="586"]Foto oorgespeld van amazon.com Foto oorgespeld van amazon.com[/caption]

As jy bedrewe is met fondantversiering, kan jy die kunstenaar in jou loslaat en dié oulike kuikens maak. Dié een is amper te mooi om te eet.

5 Happiegroot mooigoed

[caption id="attachment_72575" align="aligncenter" width="600"]Foto oorgespeld van toriejayne by flickr.com Foto oorgespeld van toriejayne by flickr.com[/caption]

Ons hou van die idee om minikolwyntjies in eierdose te verpak. Jy kan dit as ’n teetafelversiering gebruik of as ’n geskenk gee.

Vir oulike Paashandwerk-idees, soos hoe om hierdie oulike konynklappers te maak, kry die Huisgenoot van 17 April. Dis van 11 April af op die rakke.

easter diy

– Alfie Steyn