Valentynsdag is om die draai en jy het nie ’n idee wat om vir jou Valentyn voor te sit nie! Huisgenoot se kosspan het ingespring en vier spyskaarte saamgestel wat jou kan help met hierdie netelige taak.

Iets wat jou begroting genadig is

#IetsLigs wat sommer die liefde kan aanvuur deur ’n bietjie brandrissieskop. Vegetariërs behoort hierdie geroosterde blomkool-en-kekerertjieslaaislaai te geniet.

?????????

#IetsVirDieHart . . . Dié vinnige chakalaka-hoender sal seker maak dat jou Valentyn se hart deur pure lekkerte vermurwe. Dis soos Cupido se pyl: Vinnig en doeltreffend.

chakalaka hoender

#IetsSoets kan natuurlik nie agterweë gelaat word nie! Probeer dié piesangbrood-koekstruif en kry punte vir jou oorspronklikheid.

???

Iets wat diabetes-vriendelik is

#IetsLigs met ’n eksotiese element. Dié hoender en eiergebraaide rys is ideaal vir diabete en is alles behalwe vervelig.

friedrice

#IetsVirDieHart: Vat sommer kortpad na jou geliefde se hart en sit dié eierlose Thai-varkvleisburger met koolslaai voor.

eierlose thai varkvleisburger

#IetsSoets vir diabete kan soms moeilik wees om uit te kies. Huisgenoot se kosspan beveel dié sjokolade-kaaskoek aan. En ja, jy kan sjokoladekaaskoek eet – al ly jy aan diabetes!

kaaskoek

Iets vir diegene wat nie tyd het vir ure voor die stoof nie

#IetsLigs: Dié unieke maalvleisslaai is ’n resep wat ’n mens twee keer laai kyk. Dalk dit verlei dit ook jou Valentyn;-) Maar, alle grappies tersyde is dit ’n vinnige, ligte en heilsame maaltyd.

hope21jan

#IetsVirDieHart: Selfs net dié resep van lamstjops en kruisementgegeurde ertjies behoort jou knieë al lam te maak.

lamdtjops

#IetsSoets: Wat van sjokeladeskyfie-koekies en koffie om die afspraak af te sluit? Dit laat sommer die reuk van koekies deur jou huis trek . . .

koekies

Iets vir jou piekniekmandjie

#IetsLigs soos dié spekvleisspirale is ’n absolute wenner in jou piekniekmandjie.

HOPE 11 DES

#IetsVirDieHart: Dink buite die boks en voer jou Valentyn weg uit sy of haar gewone milieu en pak dié dukkah-hoenderrepe met uiejogurt-doopsous in.

dukkah

#IetsSoets vir jou hartedief . . . probeer dié sjokolade-balletjies en sluit die piekniek op ’n hoë noot af!

sjokoladeballetjies

Ander stories op Huisgenoot.com

Wen ’n romantiese digbundel

Enkellopend of saam, hier is jou Valentynsdag-oorleefgids

Onlangse studie vind nuwe manier wat dalk kan keer dat borskanker versprei

Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng

Deel jou trots op jou dorp met Kwêla

Kyk: Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk: Pappa Derick Hougaard deel die oulikste foto’s van hom en sy seuns