Kerstyd gaan oor die liefde. Al het jy die geld daarvoor, gaan die feestyd nie daaroor om jou geliefde met duur items te bederf nie. Doen jy dit, plaas dit net onnodige druk op so iemand. Belê liewer in goedkoper geskenkidees wat ware vreugde bring.

  • Mark toe!

Dis die seisoen van Kersmarkte. Selfs mans wat nie hou van inkopies doen nie, kan in hierdie markte koop. Hulle is minder besig, feesteliker, sit heerlike vars kos en drankies voor en daar is dikwels ’n orkes. Ook die heeltydse markte, soos buurtmarkte in van die groter stede, bied feestelike Kersinkopies.

  • Wees kreatief

Versier vanjaar die Kersboom saam. Maak die beste van die aand en hou ’n spesiale kersligete vir twee. Verras jou geliefde by die ete met ’n persoonlike Kersornament net vir hom of haar. Laat jul name daarop graveer of maak dit self. Julle kan dit elke jaar gebruik om jul liefde vir mekaar te toon.

  • Ontbyt in die bed

Die vakansietyd kan ekstra druk op jul verhouding plaas. Kersfees is duur, en dis ook wanneer families bymekaarkom, wat maar stresvol kan wees. Geniet ’n rustige oggend met ’n goeie outydse ontbyt in die bed net vir julle twee.

  • Adventskalender

Maak ’n spesiale Adventskalender vir jou maat. Bederf hom of haar die 12 dae voor Kersfees met ’n briefie waarin jy sê wat hy/sy vir jou beteken. Hou dit eenvoudig; een sin of ’n egte emosie is al wat nodig is. As jy jou geliefde voor Kersfees wil bederf, voeg ’n geskenk by vir elke dag, van ’n spa-geskenkbewys vir twee tot ’n takkiemistel, sjokolade of sy of haar gunsteling-lekkerny. Plaas hierdie geskenkies in dosies en laat hulle elke dag op ’n ander plek.

As jy nie goed is met skeppende goed nie, kies ’n elektroniese Adventskalender en stuur jou maat elke dag tot Kersfees ’n spesiale boodskap.

  • Kerskoekies

Gaan kombuis toe, maak ’n bottel vonkelwyn oop en begin bak. Kies vakansieresepte waarvan julle albei hou en maak seker jy het die regte vorms vir Kerskoekies. As jy nie hou van bak nie, stel ons die beste resep vir warm sjokolade voor – dis eenvoudig en in die Spaanse styl. Kry dit hier. Wat is Kersfees sonder Martha? Probeer haar Ultimate Hot Chocolate hier.

Philippa perfect proposalDeur Philippa Stewart

Meer oor The Perfect Proposal:

The Perfect Proposal help persoonlike uitgaanvoorstelle bedink en uitvoer. Nader hulle as jy ’n bietjie inspirasie kort vir liefdesversoek, herdenkings, verlowingspartytjies, die hernuwing van huweliksbeloftes of net ’n spesiale aandjie uit.

Besoek www.theperfectproposal.co.za of volg hulle op twitter @proposalsa