Stuur die kinders kombuis toe om hierdie lekker happies en inpakkos te prakseer en geniet dit nou of op die langpad wanneer julle van vakansie terugkeer. HAWAISE DIERETUIN-TOEBROODJIES 4 toebroodjies

Toebroodjies

8 snye brood

botter vir smeer

1 klein pynappel, afgeskil en in skywe gesny

50 g cheddarkaas, in skyfies gesny

4 skywe ham

groot dier-koekievorms of enige andergroot koekievorm

rosyntjie-snippers

1 Smeer elke sny brood met botter en pak  ’n skyf pynappel, kaas en ham op elkeen. Maak die broodjie toe met die ander snye.

2 Kies jul gunsteling koekie-diervorm en sny die broodjie in die verlangde vorm.

3 Druk ogies van rosyntjiesnippers in. 4 Bêre in ’n lugdigte houer en hou in die koelsak. 5 Sit 1-2 toebroodjie aan elke kind voor afhangende van die kind. Wenk Dié toebroodjies kan in ’n snackwich-masjien gaargemaak word. SPRINGMIELIES MET STROOISELS 3-4 porsies

Emmertjie springmielies45 ml (3 e) kanola-olie

80 ml (¹/³ k) springmieliepitte

30 ml (2 e) botter

45 ml (3 e) strooiversiersel (100s & 1000s)

sout na smaak

1 Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol oor medium hitte.

2 Laat 3 of 4 rou springmieliepitte in die olie val en bedek die pan.

3 Voeg die res van die pitte by in ’n ewe­redige laag sodra die pitte begin spring. Bedek, verwyder van die hitte en tel tot 30.

4 Plaas die pan terug. Die springmielies behoort binnekort gelyk te begin spring.

5 Skud die pan liggies. Probeer die deksel effens oophou om die stoom vry te laat – dit maak die mielies brosser. Sodra sekondes tussen die gespring verloop, kan julle die springmileies in ’n bak gooi. 6 Laat die botter in die nou leë, maar steeds warm pot smelt. 7 Voeg die strooiversiersel by die botter en giet oor die springmielies. Geur met sout. Bêre in ’n lugdigte houer. AARBEI-EN-WITSJOKOLADE-KOLWYNTJIES

6 reuse of 12 gewone kolwyntjies

Kolwyntjies500 ml (2 k) meel

125 ml (½ k) ligbruinsuiker

1 ml (¼ t) sout

15 ml (1 e) bakpoeier

180 ml (¾ k) melk

3 groot eiers

120 ml (net minder as ½ k) sonneblomolie

250 g aarbeie, gekap

100 g witsjokolade, gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n kolwyntjiepan of voer dit uit met papierbekertjies.

1 Meng die droë bestanddele in ’n groot bak.

2 Meng die melk, eiers en olie in ’n aparte bak en vou by die meelmengsel in.

3 Voeg die aarbeie en witsjokolade by.

4 Verdeel die beslag eweredig tussen die kolwyntjieholtes tot elke holte sowat driekwart vol is. 5 Bak 40 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom. 6 Bêre in ’n lugdigte houer. SKULPIEPASTA-SLAAI

4 porsies

Skulpiepastaslaai in houer400 g pastaskulpies

2 groot hoenderborsies

olie vir stoombraai

sout en peper na smaak

125 g strepiespek

125 g rosatamaties, in die helfte gesny

¼ komkommer, in die lengte in vier en dan in blokkies gesny

1 geel soetrissie, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) burger-mayonnaise of Thousand Island-sous

1 Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en spoel onder koue water af.

2 Stoombraai die hoenderborsies in ’n bietjie olie in ’n pan tot gaar. Geur goed met sout en peper.

3 Braai die spek in dieselfde pan tot bros.

4 Kap die spek grof en hou eenkant.

5 Sny die hoender in skyfies van 5 mm wanneer dit afgekoel het.

6 Meng die pasta met die tamaties, komkommer, soetrissie, hoender en spek. 7 Voeg die sousie by en meng goed. 8 Geur na smaak met sout en peper. Onthou om ysbakstene daarmee saam in die koelsak te pak. REËNBOOG-PLAATKOEKIES

6 porsies

Kleurryke plaatkoekies opeen gestapel

4 x 250 ml (4 k) meel

375 ml (1½ k) korrelsuiker

30 ml (2 e) bakpoeier

6 eiers

500 ml (2 k) melk

60 ml (4 e) botter, gesmelt

rooi, groen, blou en geel voedselkleursel

olie vir braai

1 Meng al die bestanddele behalwe die olie saam.

2 Verdeel die mengsel tussen 5 klein bakkies en kleur die inhoud van elke bakkie ’n ander kleur: rooi, groen, blou, pers (rooi en blou gemeng) en geel.

3 Smeer ’n swaarboompan en verhit oor medium hitte. 4 Plaas teelepels vol beslag in die pan en braai tot borreltjies in die middel vorm. Draai die plaatkoekie om en braai die ander kant tot goudbruin. 5 Verwyder van die hitte en laat afkoel voor dit in ’n lugdigte houer gebêre word. Wenk As jy die plaatkoekies eers laat afkoel, sal dit nie pap word nie.

Bron Huisgenoot Speel Somer 2012/13

Resepontwikkeling en stilering Lisa Clark

Foto’s David Briers