Kies eerder gesonder alternatiewe om die wintervetjies sommer ver weg te hou. Dis boonop gesond en sal help om verkoue hok te slaan deur jou immuunstelsel ’n hupstoot te gee

Superkosse vir die winter

  • Botterskorsie is waardevolle bronne van vitamien C. Dis ook hoog in vesel en bevat antioksidante wat jou immuunstelsel ’n hupstoot sal gee.
  • Knoffel is propvol antioksidante wat help om verkoue en griep hok te slaan. Moet dit net nie oordoen as jy die volgende dag ’n afspraak het nie!
  • Appels is ’n goeie bron van kalium, vesel, antioksidante en vitamien C. Eet die ski look – dis waar die hoogste konsentrasie antioksidante is.
  • Patas is ’n goeie bron van vitamien A wat ’n gesonde immuunstelsel ondersteun.
  • Jogurt bevat probiotiese bakterie wat jou spysverteringskanaal help balanseer. Dit kan ook help om verkoues te voorkom.

Peusel gesond

Vermy ekstra kilojoules dié winter deur gesonder keuses te maak wanneer jy peusel. All die kilojoulewaardes is bereken op ’n porsie van 100g

Vermy: Aartappelskyfies = 2 230 KJ

Geniet: Springmielies = 1 613 KJ

Vermy: Pretzels = 1 635 KJ

Geniet: Wortelstokkies = 148 KJ

Vermy: Sjokolade = 2 345 KJ

Geniet: Malvalekkers = 1 333 KJ

Vermy: Roomkaas-doopsous = 1 430 KJ

Geniet: Hummus = 695 KJ

Vermy: 1 Koppie warm sjokolade (met water) = 665 KJ

Geniet: 1 Koppie rooibostee = 13 KJ

Bronne: Huisgenoot 19 Desember 2013, Calorieking.com