Lewer 12 bolletjies

Bereiding: 20 minute

Rystyd: 1½-2 uur

Baktyd: 30-40 minute

DEEG

4 x 250 ml (4 k) koekmeel

10 g (1 pakkie) kitsgis

60 ml (1/4 k) strooisuiker

5 ml (1 t) gemengde speserye 2 ml (1/2 t) kaneel

’n knippie sout

375 ml (11/2 k) korente

40 g botter

300 ml melk

2 eiers, geklits

VULSELS

6 malvalekker-Paaseiers

6 witsjokolade-Paaseiers ’n bietjie heuning vir bo-oor

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Voer 2 bakplate uit met bakpapier.
  2. Deeg meng al die droe¨ bestanddele en korente in ’n mengbak.
  3. Smelt die botter in die mikrogolf en voeg die melk by.
  4. Mikrogolf nog ’n minuut of tot louwarm.
  5. Klits die eiers by die melk en meng liggies deur die droe¨ bestanddele met ’n slaplemmes.
  6. Knie die deeg 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
  7. Smeer ’n glasbak liggies met olie, sit die deeg daarin en bedek met kleefplastiek.
  8. Laat 1-1½ uur op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte.
  9. Knie die deeg af, verdeel in 12 gelyke stukke en vorm bolletjies.
  10. Vulsel (vir die malvalekker- Paasbolletjies) Rol 6 van die deegbolletjies plat uit.
  11. Druk die malvalekker-Paaseiers effens platter en plaas in die middel van elke deegsirkel.
  12. Rol elke sirkel op, sny die punt af en laat regop staan.
  13. Vulsel (vir die witsjokolade- Paasbolletjies) Maak ’n effense holte in elk van die 6 oorblywende deegbolletjies en druk die witsjokolade-Paaseiers diep in elke holte.
  14. Pak die 6 rolletjies teen mekaar op ’n bakplaat, bedek met kleefplastiek en laat rys 30 minute.
  15. Plaas witsjokoladeballetjies langsaan.
  16. Haal die kleefplastiek af, druk die witsjokolade-Paaseiers weer stewig in die deeg en bedek elke witsjokolade-eier met ’n stukkie foelie.
  17. Verf al 12 Paasbolletjies met ’n bietjie melk en bak 30-40 minute in die verhitte oond of tot gaar.
  18. Bedruip elke bolletjie met ’n bietjie heuning en sit louwarm voor.

Ook op Huisgenoot.com

Vyf prettige selfdoen-projekte vir kinders vir Paasfees

Oulike origami vir Paasfees

Raak vlytig dié Paasfees

Kyk: So vou jy prettige hasie-servette