Lewer 16

Bereiding: 10 min.

Bak: 30 min.

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

3 eiers, geskei

125 ml (½ k) suiker

125 g botter, gesmelt

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

200 g sjokolade, in stukke gebreek

125 ml (½ k) room

250 ml (1 k) droë klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan.

  1. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak.
  2. Klits die eierwitte en suiker saam in ’n aparte bak tot sagte pieke vorm. Vou die botter, eiergeel en vanielje-ekstrak in tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en vou in tot glad.
  3. Giet die beslag in die bereide bakpan en bak ’n halfuur of tot ’n tandestokkie skoon uit die koek kom. Keer op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
  4. Sny die koek in 16 vierkante.
  5. Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak.
  6. Verhit die room in ’n kastrol tot amper kookpunt. Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot glad. Plaas die klapper in ’n aparte bak.
  7. Doop die koekvierkante in die sjokolade en rol dit dan in die klapper om te bedek. Plaas op ’n draadrak om te set.