Maak 1 groot dubbellaagkoek

Bereiding 20 min

Baktyd: sowat 1 uur

250 ml (1 k) bruinsuiker

250 ml (1 k) canola-olie

5 eiers

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) koeksoda

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) fyn kaneel

750 ml (3 k) grofgerasperde wortels

250 ml (1 k) vars pynappel, in klein blokkies gesny of 1 blik fyngedrukte pynappel, goed gedreineer

50 g gekapte okkerneute of pekanneute

125 ml (½ k) klapper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL

125 g WoodenSpoon margarien, by kamertemperatuur

500 ml (2 k) versiersuiker

120 g (½ houer) mascarpone-kaas

1 ml (¼ t) sout

Melk soos nodig

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer twee 20 cm-koekpanne en voer die bodum uit met bakpapier.

1 Klits die suiker en olie goed saam met ‘n elektriese klitser of in die menger.

2 Voeg die eiers by en klits goed tot romerig.

3 Sif die droë bestanddele saam in ‘n aparte mengbak.

4 Voeg by die nat bestanddele en meng goed tot glad.

5 Voeg die wortels, pynappel, neuter, klapper en vanieljegeursel by en meng goed met ‘n houtlepel.

6 Verdeel tussen die twee panne en bak sowat 1 uur of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.(bedek met tinfoelie as die koek te vinnig bruin word bo-op en nog nie gaar is nie.)

7 VERSIERSEL Room die margarien en versiersuiker saam tot lig en donsig. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Voeg klein bietjie melk by indien nodig.

8 SAMESTELLING Smeer bietjie van die versiersel op een koeklaag, plaas ander een bo-op en versier met res van die versiersel.

Wenk: Hierdie resep kan ook gebruik word om kolwyntjies mee te maak. Versier die koek met ekstra neute indien verkies.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.