LEWER 10-12 BLOKKIES

Bereiding: 15 min.

Baktyd: 10-12 min.

KOEK

180 ml (¾ k) kookolie

2 eiers

200 ml bruinsuiker

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kaneel

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) vanieljeekstrak

2 appels, geskil en gerasper

500 ml (2 k) fyn gerasperde wortel

100 g gemengde neute, gekap

VERSIERSEL

310 ml (1¼ k) versiersuiker, gesif

30 ml (2 e) suurlemoensap

vars kruisementblare

  1. Koek Klits die olie en eiers saam.
  2. Meng die oorblywende bestanddele, giet die eiermengsel in en roer tot al die droë bestanddele deurgemeng is.
  3. Giet die mengsel in ’n silikoonbroodpan en bak 10-12 min. op 100 persent in die mikrogolf of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas op ’n draadrak en laat afkoel.
  4. Versiersel Meng die versiersuiker en suurlemoensap en sit eenkant.
  5. Sny die koek in ewe groot vierkante en bedruip met die versiersel. Garneer met die kruisementblare en oorskietwortel.