Lewer een middelslagkoek

Bereiding: 15 min.

Bak: 1 uur

625 ml (2 ½ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

2 ml (½ t) wonderpeper

2 ml (½ t) kaneel

2 ml (½ t) neutmuskaat

’n knippie sout

5 wortels, gerasper

250 ml (1 k) strooisuiker

60 ml (¼ k) donkerbruinsuiker

3 eiers

160 ml (? k) gewone jogurt

250 ml (1 k) olie

ROOMKAASVERSIERSEL

230 g roomkaas

70 g botter

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

375 ml (1½ k) versiersuiker

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer die bodem met bakpapier uit.
  2. Pols die meel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout 2 minute in ’n menger. Keer in ’n bak uit en meng dit met die gerasperde wortels.
  3. Meng die suikers, eier en jogurt in die menger. Terwyl die menger loop, giet die olie in en hou aan meng tot goed gemeng. Gooi die mengsel in die wortelmengsel en meng tot ’n gladde deeg.
  4. Giet in die bereide bakpan en bak ’n driekwartier. Verminder die hitte tot 160 °C en bak nog ’n kwartier.
  5. Keer die koek op ’n draadrak uit en laat afkoel.
  6. Roomkaasversiersel: Meng die roomkaas en botter in ’n bak tot goed gemeng. Klits die vanielje-ekstrak in. Hou aan klits en voeg die versiersuiker by terwyl. Sorg dat dit goed gemeng is.
  7. Sny die koek versigtig horisontaal middeldeur. Plak die lae met roomkaasversiersel aan mekaar vas en smeer die res van die versiersel bo-oor.

Hope Malau