Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

Kors

200 g semelkoekies

50 g strooisuiker

100 g botter, gesmelt

Vulsel

1 kg roomkaas

200 ml strooisuiker

45 ml (3 e) meel

5 eiers

125 ml (½ k) room

200 g witsjokolade, gerasper

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde koekpan.

  1. Kors: Plaas die koekies en suiker in ’n voedselverwerker en verwerk tot krummelrig. Voeg die botter by en meng tot al die krummels bedek is. Plaas die mengsel in die koekpan en druk dit teen die bodem en kante vas. Bedek en sit 1 uur of tot goed koud in die koelkas.
  2. Vulsel: Klits die roomkaas, suier en meel tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Meng die room in.
  3. Voeg die sjokolade en vanieljegeursel by die mengsel en meng goed. Plaas die koekpan op ’n bakplaat, giet die mengsel in die pan en bak 15 min.
  4. Verlaag die temperatuur tot 120 °C en bak nog 45 min. Laat die koek in die oond afkoel tot koud. Plaas die koek in die koelkas en sit voor saam met vars vrugte.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller