LEWER 40 KOEKIES

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10 min.

250 ml (1 k) strooisuiker

250 ml (1 k) bruinsuiker

3 eiers

350 g botter

1 L bruismeel (250 ml x 4)

375 ml (1½ k) warmsjokoladepoeier

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VULSEL

250 ml (1 k) strooisuiker

115 g botter

60 ml (¼ k) melk

30 ml (2 e) warmsjokoladepoeier

30 ml (2 e) kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. Klits die strooisuiker en bruinsuiker saam met die eiers tot lig en bleek. Voeg die botter by en meng goed. Voeg die meel, warmsjokolade en vanieljegeursel by en meng tot ’n sagte deeg vorm.
  2. Rol die deeg in balletjies en pak die balletjies op die bakplaat. Druk effens plat en bak 8 tot 10 min. Laat afkoel.
  3. Vulsel Plaas die suiker, botter en melk in ’n kastrol. Meng die warmsjokoladepoeier met die kookwater en voeg by die melkmengsel. Meng goed en kook 5 min. Verwyder van die hitte en klits tot styf en koud.
  4. Smeer die vulsel oor die afgekoelde koekies en plaas twee-twee op mekaar.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan