Genoeg vir 4-6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

BROOD

750 ml (3 k) meel

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) strooisuiker

1 eier, liggies geklits

300 ml karringmelk

BOTTER

100 g botter, kamertemperatuur

1 knoffelhuisie, gemaal

3 takkies vars tiemie, gekap

’n handjie vol vars koljander, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n broodpan met bakpapier uit.

  1. Brood Sif die meel en koeksoda in ’n groot bak met die suiker en ’n knippie sout.
  2. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel. Giet die eier en karringmelk in en vou met jou hande tot die mengsel net ’n deeg vorm. Voeg nog karringmelk by, indien nodig.
  3. Keer uit op ’n oppervlak wat goed met meel bestrooi is. Knie die deeg ’n paar sekondes liggies voor jy dit in die voorbereide pan sit. Bak 15 min.
  4. Verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 30 min. of tot deurgaar. Laat afkoel.
  5. Botter Klits die botter, knoffel, tiemie en koljander in ’n bak tot goed gemeng.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan