Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

Lewer: 18

500 ml (2 k) meel

100g botter, in blokkies gesny

45 ml (3 e) koue water

Vulsel

40 g rosyne

60 g pekanneute

40 g strooisuiker

2 groen appels, geskil en ontkern

15 ml (1 e) suurlemoensap

2,5 ml (½ t) kaneel

’n knippie neutmuskaat

eierwas vir bedruip

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sit die meel en botter in ’n verwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg dan die koue water by en meng tot die mengsel ’n sagte deeg vorm. Draai dit in kleefplastiek toe en verkoel ’n uur.
  2. Vulsel: Sit die rosyne in ’n bak en giet ’n bietjie kookwater oor om dit te laat sag word. Rooster die pekanneute ’n paar minute oor matige hitte en sit dit dan op ’n bord.
  3. Gooi 45 ml (3 e) strooisuiker in dieselfde pan en sprei dit oor die pan uit. Wag tot amper al die suiker begin smelt en hou die pan dan effens skuins om die karamel rond te draai. Laat rus weer op die plaat en laat afkoel.
  4. Meng die neute en appels in ’n verwerker tot bonkig. Dreineer die rosyne en voeg dit dan saam met die oorblywende suiker, suurlemoensap, kaneel en neutmuskaat by die neut-en-appelmengsel.
  5. Rol die deeg uit en sny 18 sirkels ’n bietjie groter as die holtes van jou pan. Sny 18 bokante met ’n koekiesnyer uit.
  6. Sit die groot sirkels in elke holte van die pan, skep dan sowat 5 ml (1 t) vulsel in elkeen en bedek met die bokante. Verf met die eierwas. Bak 15 min. tot die bokante goudkleurig is.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers