Lewer 1 broodjie

Bereiding: sowat 30 minute

Baktyd: 50 minute

100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap

100 g rooi glanskersies, gekap

100 g vrugtekoekmengsel

50 g versuikerde sitrusskil, gekap

80 ml (1/3k) brandewyn

125 g botter

125 ml (½ k) strooisuiker

2 eiers

310 ml (1 ¼ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

45 ml (3 e) ekstra brandewyn

versiersuiker vir bo-oor sif

Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier.

  1. Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute.
  2. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by.
  3. Meng goed en giet in die voorbereide pan.
  4. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom.
  5. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.