Lewer 15 vetkoekies

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 ml (2 k) witbroodmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

knippie sout

250 ml (1 k) melk

2 eiers, geklits

olie vir diepvetbraai

  1. Sif al die droë bestanddele saam. Klits die melk en eiers saam en voeg geleidelik by die droë bestanddele. Meng tot ’n gladde, slapperige deeg vorm.
  2. Verhit genoeg olie vir diepbraai en skep lepels vol van die mengsel in die olie. Braai tot goudbruin en gaar van binne.
  3. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met kaas en konfyt.

Het jy geweet?

In toentertyd se kombuise is twee keer per week gebak sodat daar altyd vars brood in die huis was. Varsgebakte brood is nooit warm gesny nie, daarom is vetkoek van die oorskiet-brooddeeg in vet gebraai. Dan is dit voorgesit terwyl die brood afgekoel het.