Genoeg vir 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

400 g blik babapere in soutwater

2 kaneelstokkies

5 ml (1 t) koffiepoeier

15 ml (1 e) vanielje-ekstrak

500 g mascarpone

5 ml (1 t) fyn kaneel

1 bereide Switserse rolkoek

Voer ’n broodpan met kleefplastiek uit.

  1. Plaas die pere, kaneelstokkies en koffiepoeier in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut 10 min. Verwyder van die hitte en roer 5 ml (1 t) van die vanielje-ekstrak in.
  2. Meng die mascarpone, oorblywende vanielje-ekstrak en fyn kaneel saam. Rol die Switserse rolkoek oop en sny in vierkante wat in die broodpan sal pas.
  3. Pak die bestanddele in lae – eers Switserse rolkoek, dan koffiemengsel en dan mascarpone tot al die bestanddele gebruik is. Eindig met mascarpone.
  4. Laat set 2 uur in die koelkas. Keer die koek op ’n opdienbord uit en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan