Lewer 2 brode

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute 

1 kg koekmeel

2 sakkies (10 g elk) kitsgis

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) suiker

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) gemengde droë kruie

10 ml (2 t) droë knoffelvlokkies

1 L (4 k) water

1 Smeer 2 broodpanne met kleefwerende sproei.

2 Plaas die droë bestanddele in ’n groot bak en meng goed.

3 Roer die water met ’n houtlepel in om ’n klewerige deeg te vorm.

4 Verdeel dit gelykop tussen die voorbereide broodpanne, bedek met ’n afdroogdoek en laat rys 25-30 minute.

5 Voorverhit die oond tot 180 °C.

6 Bak die brode 30 minute. Laat afkoel en sit voor met ’n smeer van jou keuse.