Lewer 6 groot bolletjies of 12 kleintjies

Bereiding: 10 min.

Rystyd: 40 min.

Baktyd: 20-30 min.

1 kg koekmeel

2 pakkies (10 g elk) kitsgis

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) suiker

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) gedroogde

gemengde kruie

10 ml (2 t) droë knoffelvlokkies

1 liter (4 k) louwarm water

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer die holtes van ’n muffinpan

  1. Sif die meel, gis, bakpoeier, suiker en sout saam in ’n groot bak. Voeg die kruie en knoffelvlokkies by en meng goed. Maak ’n holte in die middel en voeg die water by.
  2. Meng tot ’n taaierige deeg vorm. Bedek en laat 10 minute rus. Skep die deeg in die muffinpanne tot dit driekwart vol is en laat 30 minute rys.
  3. Bak 30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.