GENOEG VIR 4-6 MENSE

Gaarmaak: 15 min.

Verkoel: 2 uur

Bereiding: 10 min.

STROOP

100 g bevrore kersies

60 ml (¼ k) suiker

60 ml (¼ k) water

½ suurlemoensap

KAASKOEK

sjokoladekoekies

500 g roomkaas

375 g kondensmelk

  1. Stroop Plaas die kersies in ’n kastrol saam met die suiker en water. Bring tot kookpunt, verminder die temperatuur en laat 15 min. prut of tot verdik. Roer die suurlemoensap in en sit eenkant.

  2. Kaaskoek Maak die koekies met ’n rolstok fyn tot dit soos broodkrummels lyk.

  3. Klits die roomkaas in ’n bak tot glad. Klits die kondensmelk in tot goed gemeng.

  4. Sit die fyngemaakte koekies in voorsitglase, skep die roomkaasmengsel oor en rond met die kersiestroop af. Verkoel 2 uur in die yskas en sit voor met vars vrugte as garnering.

Deur Hope Malau

Video: Jacques Stander