Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Rys: 40 - 55 min.

Bak: 35 min.

50g botter

1 ui, fyn gekap

2 rooi soetrissies, saad verwyder en gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

200 ml (? k) witbroodmeel

10 ml (2 t) kitsgis

2,5 ml (½ t) sout

30 g amandelvlokkies, ekstra vir bestrooi

’n hand vol vars kruie, gekap (pietersielie, tiemie, koljander en basilie)

30 ml (2 e) sonneblomsaad

5 ml (1 t) suiker

125 ml (½ k) water

1 eier, geklits

sout en peper na smaak

roomkaas vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n middelslag-broodpan met bakpapier uit.

  1. Smelt die botter 2 min. in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die ui en rooi soetrissies. Voeg die knoffel by en braai nog 2 min. Verwyder die kastrol van die hitte en laat afkoel.
  2. Meng in die res van die bestanddele in ’n groot bak. Knie die deeg 5 min. op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is of tot glad. Sit die gekniede deeg in’ n gesmeerde bak, bedek en sit 40 min. eenkant of tot die grootte verdubbel het.
  3. Slaan enige lug uit die deeg en sit dit in ’n broodpan. Laat rys weer 15 min. en bak 35 min. of tot goudkleurig. Sit voor saam met roomkaas.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan