Bereiding: 30 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 13-15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

BROSKORSDEEG

375 ml (1½ k) meel

knippie sout

knippie strooisuiker

100 g botter, in blokkies gesny

sowat 50 ml yswater

1 eierwit, liggies geklits

VULSEL

250 ml (1 k) klappermelk

125 ml (½ k) vars room

80 ml (¾ k) suiker

30 ml (2 e) mielieblom

30 ml (2 e) heuning

3 eiers

6 vars vye, gehalveer

ekstra strooisuiker vir versiering

DEEG

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Pols die meel, sout, strooisuiker en botter in ’n voedselverwerker tot dit lyk soos sagte broodkrummels.

Voeg ’n bietjie yswater deur die tuit by en pols tot ’n sagte deeg vorm.

Haal dit uit, druk effens plat en bedek met kleefplastiek.

Laat rus sowat 15 minute in die yskas.

Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en voer ’n 22 cm-tertpan hiermee uit.

Prik met ’n vurk gaatjies in die bodem.

Plaas bakpapier oor die kors en vul dit met rou boontjies.

Laat rus 15 minute in die yskas.

Bak dan sowat 10 minute en verwyder die bakpapier en bone.

Verf die deeg met eierwit, bak nog 2-3 minute en laat afkoel.

VULSEL

Verhit die klappermelk en room in ’n kastrol.

Meng die suiker, mielieblom, heuning en eiers in ’n bak.

Giet ’n bietjie van die roommengsel by die eiermengsel en giet alles bymekaar.

Verhit oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot die mengsel gaar en dik is.

Giet die vulsel in die tertkors en laat stol.

Pak die vyehelftes op die tert.

Sprinkel die strooisuiker oor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 3 Februarie 2011.