Lewer 30 klein kolwyntjies

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 15-17 minute

4 eiers

375 ml (1½ k) suiker

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) olie

500 ml (2 k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

knippie sout

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL

versiersuiker

grenadellapulp

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 30 holtes van muffinpannetjies uit met bakpapier en spuit goed met kossproei.

  1. Kolwyntjies Klits die eiers liggies. Voeg die suiker by en klits die eier en suiker goed tot lig en dik.
  2. Verhit die melk en olie saam.
  3. Sif die droë bestanddele saam en vou om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
  4. Skep die voorbereidemuffinholtes driekwart vol en bak sowat 17 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die kolwyntjies kom.
  5. Versiersel Maak die versiersuiker met ’n bietjie grenadellapulp aan tot ’n dik vloeibare pasta en smeer oor elke kolwyntjie. Laat droog word.

WENKE

  • Hoe langer jy die eier en suiker klits, hoe ligter is die baksel.
  • Sif die droë bestanddele drie keer saamomdie kolwyntjies nog ligter te maak.