Lewer 18 koekies

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 15 min.

Koekies

1 ui, fyn gekap

1 rooi brandrissie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) fyn komyn

15 ml (1 e) fyn koljander

15 ml (1 e) kerriepoeier

15 ml (1 e) garam masala

30 ml (2 e) borrie

100 g spinasie, dun versnipper

300 g lensies, gaar

50 g botter

45 ml (3 e) meel

5 ml (1 t) sout

’n hand vol koljander, grof gekap

30 ml (2 e) blatjang

2 eiers

olie vir braai

Doopsous

45 ml (3 e) bruinsuiker

125 ml (½ k) water

60 ml (4 e) rooiwynasyn

1 steranys

1 kaneelstok

50 g droë appelkose, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng al die bestanddele vir die koekies in ’n groot mengbak en verkoel 30 min. in die koelkas.
  2. Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Braai lepels vol van die mengsel in die warm olie en skep met ’n gaatjieslepel op papierhanddoek uit.
  3. Doopsous: Meng al die sousbestanddele in ’n kastrol en laat prut 10 min. oor matige hitte.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan