Lewer 8 koeke

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

140 g botter

250 ml (1 k) meel

125 ml (½ k) amandelmeel

7,5 ml (1½ t) bakpoeier

’n knippie sout

2,5 ml (½ t) kaneel

85 g bruinsuiker

30 ml (2 e) esdoringstroop

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

xx g botter

3 appels, gerasper

250 ml (1 k) strooisuiker

250 ml (1 k) kaneel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die botter in ’n klein kastrol en kook tot die melkstukke op die bodem van die pot begin bruin word en neutagtig ruik. Gooi deur ’n sif en laat effens afkoel.
  2. Klits die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Klits die bruinsuiker, esdoringstroop, eiers en vanielje in ’n ander bak saam.
  3. Voeg die botter by en klits. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en klits. Vou die gerasperde appels in.
  4. Verdeel die beslag in mini-Bundt-panvorms. Bak 20 min. of tot ferm en goudbruin. Laat die koeke afkoel voor jy dit uit die pan verwyder.
  5. Meng die strooisuiker en kaneel oor. Bedek die koeke heeltemal met die kaneelsuiker en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller