Bereiding: 45 min. tot 1 uur

Gaarmaak en bak: 1 uur

Genoeg vir 8-12 mense

400 g brosdeeg, ontdooi

VULSEL

250 g blokkies spekvleis

1 takkie roosmaryn

1 knoffelhuisie, fyngedruk

2 rooi uie, in dun skywe gesny

2 bruin uie, in dun skywe gesny

15 ml (1 e) suiker

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

4 eiers

200 ml (¾ k) room

80 ml (? k) melk

60 ml (¼ c) Parmesaankaas, gerasper

45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n losboomtertpan.

  1. Rol die deeg uit tot 4 mm dik. Voer die pan met die deeg uit en verkoel 30-45 min. Haal die pan uit die koelkas en sny die rande af.
  2. Prik die bodem met ’n vurk, bedek met bakpapier en vul die pan met rys. Blindbak 15 min. in die oond. Haal die bakpapier en rys uit die bak en bak nog 10-15 min. tot goudkleurig. Haal uit die oond en sit eenkant om af te koel. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C.
  3. Braai die spekvleis saam met die roosmaryn en knoffel in ’n pan oor matige hitte tot bros. Sit die deegpan op ’n bakplaat en skep die spekvleismengsel op die bodem van die deegpan. Soteer die uie saam met die suiker en olie in dieselfde pan tot die uie effens sag is maar steeds hul vorm behou.
  4. Rangskik die uie op die spekvleis en geur met sout en peper. Meng die eiers, room, melk, kaas en pietersielie en klits tot goed gemeng. Giet oor die uie. Bak 30-40 min.
  5. Haal die quiche uit die oond en laat dit 10 min. afkoel voor jy dit uit die pan haal.

Deur Hope Malau