Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

Verkoel: 2 uur 30 min.

500 ml (1 k) suiker

250 g botter

60 ml (¼ k) water

5 ml (1 t) vanieljegeursel

60 ml (¼ k) amandels, gekap

300 g melksjokolade

  1. Meng die suiker, botter en water oor matige hitte tot die suiker oplos. Kook tot dit begin verkleur.
  2. Verwyder van die hitte en roer die vanielje in.
  3. Giet op ’n gesmeerde 10 x 10 cm-pan. Laat afkoel. Strooi die amandels oor.
  4. Smelt die sjokolade oor ’n pot pruttende water tot glad. Giet dit oor die amandels en verkoel 2 uur. Sny en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander